Kuchnia

palce lizać

Klein sjokolade en-vanielje pannekoekies met sjokoladeroomys en fudge-sous.

Pannekoekies

250 g (445 ml) koekmeel
knippie sout
5 ml suiker
2 eiers
400 ml melk
15 ml kakao, gesif
Sif meel, sout en suiker saam. Klits eiers en melk saam. Maak holte in middel van droë bestanddele. Voeg eiermengsel by en klits tot sonder klonte. Skep ’n derde van beslag uit en voeg gesifte kakao by. Meng goed. Verhit ’n klein 15 cm- kleefvrye pannetjie. Skep van die beslag in pannetjie, net genoeg om die pan se bodem te bedek. Skep sowat een eetlepel van die sjokolademengsel en gooi in dun straaltjie bo-op die pannekoek om mooi vorms te maak. Bak sowat 1 minuut en draai versigtig om. Bak nog 30 sekondes. Haal uit en hou warm.

Fudge-sous

Makliker kan jy nie kry nie.

255 g fudge
200 ml room
Sny fudge in kleiner stukke. Sit in ’n kastrol en voeg room by. Plaas op lae hitte. Die sous moenie kook nie. Roer elke nou en dan tot fudge gesmelt het. Sit pannekoekies voor met sjokoladeroomys en warm fudge-sous.
http://www.sarie.com/
Momencik, trwa przetwarzanie danych   loading-animation